Vir etlike maande bid ons gebedspan Woensdae-oggende saam vir o.a. ‘n groter en meer geskikte perseel vir ons bediening. Een nag word ek wakker (diegene wat my ken weet dat meeste van my strategiȅ en beplanning of sommer net ‘scheme’s tussen 12uur en 5 uur snags wanneer ek nie kan slaap nie, plaasvind) en ek het ‘n prentjie van so ‘n gebou in my kop. Die strate van Knysna word deurkruis en ek kom op ‘n perseel af wat ek aanvanklik gedink het dit die gebou is wat God vir YFC Knysna wil hȇ. By verderenavraag by die eienaars kom ek agter dat die perseel so pas vir ‘n periode van 5 jaar verhuur is. Het ek God verkeerd gehoor? Ekwas so seker dit is waarheen ons sou skuif.Ons kom te hore van ‘n tweede perseel, die keer in die industriȅle gebied en ons gaan stel ondersoek in. Aanvanlkik kon daar nie ‘n opgewondenheid by my bespeur word nie maar nadat ek en die eienaar ontmoet het en ek ‘n tweede … derde … en vierde keer daar deurgeloop het was daar geen einde aan my opgewondenheid en entoesiasme om sommer binnekort daar in te trek nie. Gesprekke met lede van die YFC Beheerraad en Komiteelede bevestig dat dit God se antwoord op ons gebede is en binne twee weke teken ons ‘n 5-jaar huurkontrak met baie gunstige huurvoorwaardes met die eienaar.
Die voorbereiding en besetting van ons nuwe perseel sou in 3 fases geskied. Fase 1 was die oortrek van ons kantore met al sy ‘ministries’ vanaf Queenstraat na 13 Uilstraat. Dit het op 1 Februarie plaasgeving. Fase 2 is die inrigting van ‘n nuwe ‘craft and skills centre’ asook die skuif van Hands & Heart na die nuwe perseel, (ons is tans in proses en die fase behoort binne die volgende twee maande afgehandel te wees), terwyl fase 3 die finale besetting van die hele gebou sal wees. (Die bestaande eienaar beset reeds ‘n gedeelte van die gebou totdat sy besigheid finaal toemaak)
God voorsien wonderbaarlik in die finansiering om bogenoemde moontlik te maak: nadat een van ons getroue ‘venote’ van YFC te hore gekom het dat ons gaan trek sȇ hy “… count me in for R80000” (op R4500 na die volle bedrag wat ons benodig het vir fase 1 van die projek). Ons is tans besig met fase 2 en dit word gefinansier deur die fondse wat ons gemaak het deur die opveiling van gereedskap en masjienerie wat aan ons geskenk was. God stuur nog iemand oor ons pad – die persoon is so beïndruk met wat hy sien en vra vir ons YFC se bankbesonderhede om soos hy dit sȇ “ … to put bridging money into your account”.
Uit die mond van Gerhard Dreyer wat ons met die verbeterings gehelp het “ …indien jy (Philip) aan ‘n tekenaar of argitek ‘n ‘brief’ sou gee om vir ons ‘n gebou te ontwerp volgens ons behoeftes, sou hy niks nader aan die perfekte kantore gekom het as wat ons nou het nie”. Dit is waarlik so.
Die nuwe gebou voldoen aan al ons huidige behoeftes in die bediening en laat ook groot moontlikhede vir nuwe uitbreidings en ander geleenthede wat ons reeds besig is om te ondersoek.
Ons is dus “in”, die telefone en emails werk en jul word almal uitgenooi om ons te kom besoek vir ‘n lekker koppie koffie of tee (bring dalk net ‘n pakkie beskuitjies saam want dit kan nie altyd gewaarborg word nie!) Almal wat reeds daar kom inloer het is dit eens dat dit ‘n geskenk van God is en dat daar ‘n ‘vibe’ is wat net iets anders as die gewone is.
Ons gee vandag aan Hom al die eer en kan net sȇ ‘ … wow, God is Good’ (Op ‘n geleȅ tyd sal die eienaar van die gebou ‘n persverklaring doen waarna die amptelike opening van ons nuwe kantore sal volg).